6 Des 2013 - Rus in vrede Tata Madiba

Post date: 10-Dec-2013 06:25:07

6 Desember 2013

Die Voortrekkers betuig ons innige meegevoel met die Mandela-familie met die afsterwe van oud-president Mandela.

As ʼn Afrikanerjeugbeweging huldig Die Voortrekkers die wyse waarop oud-president Mandela sy hart oopgemaak het vir Suid-Afrika se kinders. Hy sal onthou word vir die persoonlike warmte waarmee hy kinders behandel het.

Oud-President Mandela het tereg opgemerk: “Die karakter van ʼn nasie word gemeet aan die wyse hoe hy sy kinders behandel.” Hierin het hy 'n voorbeeld vir oud en jonk gestel. Suid-Afrikaners kan vir kinders 'n beter toekoms skep deur voort te bou op waardes van omgee, deernis en positiewe betrokkenheid.

Dr Danie Langner

Hoofleier