25 Januarie 2012

Post date: 07-Feb-2012 20:36:31

Beste ouers

1) Vrydagaand: 27 Januarie 2012

Spanbyeenkoms om 18:00 - 19:00 by NGKerk Proteahoogte.

Bring maats saam!

Drag: Blou Voortrekkerhempie en onderbaadjie vir die wat al het.

Die Springbokkies gaan JC's verkoop teen R1.00 elk. As julle sommer 'n klompie wil bestel, kan julle Anene kontak by aneneolckers@gmail.com.

2) Persoonlike besonderhede

Vul asb vir my die aangehegde vorm in en bring Vrydagaand saam vir die wat nog uitstaande is.

3) Finansies:

Ons ledegeld vir die jaar beloop R460 per kind. Per spesiale reëling met Jorina Minnie (jorina@jpce.co.za) kan ledegeld afbetaal word, maar die laaste paaiement moet asb teen einde April betaal word.

Ons bankkoste is tans baie hoog agv kontantinbetalings en ons mag ook in geen Voortrekker-rekenings meer kontant oorbetaal nie. Ons wil dus asb versoek dat betalings per EFT gedoen word. Vir ledegeld en kampinskrywings is ons nou genoodsaak om 'n ekstra fooi van R5.00 vir kontant te vra.

Bankbesonderhede:

Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening: 1450940026

4) Wat lê voor:

Proteahoogte Feesnaweek: 3/4 Februarie

Daar is nie 'n spanbyeenkoms daardie aand nie, maar Kanonkop gaan help om geskiedenis te maak. Van Vrydagaand af word deurnag marathon trampolien gespring om 'n rekord te probeer breek. Ons is deel hiervan en spring sonder ophou van 18:00 tot 20:00. Kom hou ons kommando se naam hoog!

Die spanne is soos volg ingedeel:

18:00-19:00: Graad 3’s

19:00-19:15: Graad 2’s

19:15-19:30: Graad 4’s

19:30-20:00: Graad 5/6/7/8/9’s

Die Gr 1's en R'e kan maar inval as hulle sien die ander raak te moeg.

As deel van die feesnaweek nooi Proteahoogte ook al die besigheidsmanne van die dorp uit na:

… ‘n GRATIS motiveringspraatjie wat deur Schalk Burger (Besigheidsman) aangebied gaan word.

Kom luister na sy siening oor die werknemer / werkgewer-verhouding

Sy leuse: “Nobody cares how much you know, until they know how much you care!”

Sien pamflet vir meer inligting.

Potjiekoskompetisie: 10 Februarie

Waar?: Bellville Oom Vossie-kommando

Die span-offisiere sal aan hulle spanne hieroor inligting gee. Kanonkop loop elke jaar met 'n klomp pryse weg, so kom ons doen dit die jaar weer!

Die ouers is welkom om saam te kuier, maar die kinders moet self groente skil en die potjie maak. Gr 1 en R maak lekker stokbrood en wors. Verlede jaar was daar 'n paar interessante pienk en groen stokbrode!

Meer hieroor vlg week.

5) Voortrekkerdrag:

Daar is nog 'n paar hempies beskikbaar, maar die nuwe voorraad moet nog uit Pretoria uit kom.

Ons sal ook laat weet wanneer die nuwe voorraad onderbaadjies beskikbaar gaan wees.