19 Januarie 2011

Post date: 19-Jan-2011 19:46:09

Beste ouers

Baie welkom in 'n splinternuwe 2011. Ons het gisteraand deur die jaarprogram gewerk en daar is weer 'n magdom lekker aktiwiteite om by te woon.  

1) Vrydagaand: 21 Januarie 2011

Ons eerste spanbyeenkoms vir die jaar!

Waar: NG Kerk Proteahoogte

Tyd: 18:00 - 19:00

Ons het 'n paar oulike nuwe offisiere, so bring vir ons 'n klomp nuwe maats saam. Gr 6 seuns- julle het nou 2 jong neefs propvol energie, so hulle soek 'n groot span - maak plan!

Ons kort nog hulp by 2 dogter spanne, so laat weet ons gerus indien julle weet van iemand wat sal kan help.

2) Ledegeld

Soos gewoonlik sal ons weer geleentheid gee vir ledegeld om tot einde April afbetaal te word.

Graad R: R80.00

Gr 1 - gr 12: R440 pp

3) Jaarprogram:

Ek heg vir julle 'n jaarprogram aan. Om te help met die finansiële beplanning, het ek die geskatte koste in hakies geplaas. Die punte wat die kind met elke aktiwiteit kan verdien, word ook aangetoon.  

Groete tot Vrydag.

Hannalene Swart