13 April 2011

Post date: 28-Jul-2011 14:12:28

Beste ouers

Baie welkom in die begin van die tweede kwartaal!

Agv al die langnaweke sien ons mekaar maar min so daar is 'n paar praktiese reëlings wat getref moet word.

1) Vrydagaand 15 April:

Spanvergadering om 18:00-19:00 by NGKerk Proteahoogte

2) Spesialisasies-naweke:

Vir die graad 3/4/6 en 7's lê daar alweer 'n klompie lekker aktiwiteite voor.

Graad 3: Fietsry

Graad 4: Ruimtewaarneming

Graad 6: Persoonlike versorging (dogters)

Graad 7: Voorslagafrondingkamp

Die vorms is reeds aan die betrokke kinders versprei. Laat weet maar as jy nie die vorm gekry het nie, dan stuur ek dit weer.

Van die inskrywings sluit eers vlg week, maar my voorstel is dat julle Vrydag inskryf aangesien ons mekaar nie weer sien tot na die langnaweke nie.

Vorms kan elektronies vir my gestuur word en die inbetaling kan direk by ons bankrekening gedoen word. Stuur net asb die bewys van betaling.

3) Ledegelde:

Net 'n herinnering aan ons ledegelde wat teen einde April ten volle betaal moet wees (tensy daar 'n spesiale reëling met Jorina Minnie- Finansies- getref is).

Inbetalingsbesonderhede:

Kanonkop Kommando

ABSA 1450940026

Takkode: 512610

Groete

Hannalene Swart