2 Maart 2011

Post date: 28-Jul-2011 14:01:11

Beste Ouers

Mens kan eenvoudig nie glo ons is al in die laaste fase van die eerste kwartaal nie!

Vrydag: 4 Maart 2011

Julle het 'n lekker af-aandjie. Gaan braai nou rustig 'n vleisie en kuier saam met die gesin.

Die rede vir die af-aandjie is ons Verkenners ( hoërskool leerders) se vlotvaart op die Bergrivier. Julle moet Saterdagoggend met baie liefde aan hulle dink, want dis warm en dis ver se roei. Ons het 3 vlotte ingeskryf en Vrydagnag moet al 3 vlotte nog gebou word. Sodra die gety Saterdag-oggend inkom ( en hulle vlotte veilig verklaar is) durf hulle die rivier tot by die Riviera Hotel in Velddrif aan.  Kom kyk gerus indien julle in daardie omgewing is. Die vinnige roeiers kom so van 10:00 se kant af in.  

Voortrekkerdrag:

Ons het weer n voorraad hempies bestel en wag in spanning daarvoor.

Die kinders se aktiewe Voortrekkerdrag bestaan uit 'n jean en die blou Voortrekker golf-hempie.

Formele drag:

Penkop/Drawwertjie( Laerskool kinders): Soos die aktiewe drag met 'n onderbaadjie waarop al die kentekens vasgewerk word.

Verkenners (hoërskool kinders): Seuns: Grys broek, wit skoolhemp en blou onderbaadjie en das - Dogters: Blou langbroek/romp, wit skoolhemp en blou onderbaadjie en 'n blou tantinie.

Die onderbaadjies word gemaak deur Jomine Doubell (Leliestr 11).  Skakel haar vir n afspraak by 981 3650. Pryse wissel vlg grootte.

Die kentekens is by my beskikbaar teen R40.00 per pakkie.  

Groete tot vlg week.

Hannalene Swart