31 Okt 2012

Post date: 23-Jan-2013 20:40:37

Beste ouers

Die kentekens vir die Gr 1-12 's soos op die sertifikate aangedui, is nou uiteindelik ontvang en uitgesorteer. Die graad 10 seuns se kentekens is egter nie alles ontvang nie, maar ons sal dit vroeg in die nuwe jaar uitsorteer.

Julle is baie welkom om dit Donderdagaand 1 November tusssen 18:30 en 19:30 by my te kom haal by Bergsigstraat 9.

Die kentekens vir die onderbaadjies is ook nou beskikbaar ( R40.00 per stel).

Verkenner seuns dasse: R38.00

Ek heg die aanwerk-instruksies aan. Vra gerus as julle vashaak.

Penkop/Drawwertjies: Gr 1-7

Verkenners: Gr 8-12

Die van julle wat nog skenkings vir Helpende Hande of Huis Ravenzicht wil doen, kan dit dan ook saambring.

Groete

Hannalene

--

Die Voortrekkers Kanonkop