22/07/2015

Post date: 22-Jul-2015 12:18:17

Beste ouers

Welkom terug na ‘n rustige vakansie periode. Kom ons pak die vlg 6 maande met ‘n huppel in die stap aan.

1) Spanbyeenkoms Vrydag 24 Julie 2015

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Voortrekker golfhempie, jean en erkenningsbaadjie

2) Kwartaalprogram:

Geskatte koste van aktiwiteite is in hakies.

3) Kommandokamp:

Die vorms is reeds versprei. Indien julle dit nie ontvang het nie, kan julle dit van ons webwerf aflaai.

Sluitingsdatum: 31 Julie 2015

4) Administrasie:

Onthou: Kinders moet geregistreer wees om aan al hierdie lekker aktiwiteite deel te neem.

(Dit geld ook vir die graad R spesialisasiedag op 5 September)

Groete

Hannalene