2 Februarie 2011

Post date: 28-Jul-2011 13:52:29

Beste Ouers en Kinders

Baie welkom aan al die nuwes!

Laat weet my asb indien een van julle nog nie die jaarprogram ontvang het nie, sodat ek dit kan aanstuur.

1) Vrydagaand: 4 Februarie 2011

Waar: NG Kerk Proteahoogte

Tyd: 18:00 - 19:00

Ek verstaan daar is 'n oorslaap by die skool. Laat weet asb u kind se offisier as die kind nie die spanbyeenkoms kan bywwon nie.

2) Potjiekos-kompetisie: 11 Februarie 2011

Ons neem elke jaar deel aan Bellville Oom Vossie-kommando se potjiekos-kompetisie en elke jaar stap ons met 'n klomp pryse weg. Dit sal seker hierdie jaar dan nou ook nie anders wees nie! Gr 0 tot Gr 2 het 'n stokbrood-kompetisie. Die kinders doen als op die terrein (onder toesig van sy offisier): Dis nou van vuur maak tot aartappesl skil en tafel dek. Elke span besluit self watter soort pot hulle maak.

Laat weet solank Vrydagaand jou offisier of jy dit kan bywoon.

Waar: Bellville Oom Vossie se spankamers ( ons sal vlg week die rigtingaanwysers stuur)

Tyd: 17:00 tot 21:00

3) Pretloop: 12 Februarie 2011

Ons kommando is hierdie jaar 35 jaar oud en om die geleentheid te vier, doen ons 'n pretloop van 3.5 km. Vertel solank die vriende hiervan.

Waar: Laerskool Bastion

Meer inligting volg volgende week.

Oefen solank daai stapspiere.

4)Ledegeld:

Graad R: R80.00

Gr 1 - gr 12: R440 pp

Ledegeld kan in die vlg rekening betaal word:

Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening: 1450940026

Die inbetalingsbewys kan aan Jorina Minnie gestuur word: Jorina@jpce.co.za

5) Lede-administrasie:

Vul asb vir my die aangehegte vorm in en stuur Vrydagaand saam met u kind terug, of stuur dit per epos terug.