12/05/2017

Post date: 12-May-2017 11:35:17

1) Spanbyeenkoms Vrydag 12 Mei:

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Blou Voortrekker golfhempie, erkenningsbaadjie en jean   

 

Ons sal Vrydagaand die kentekens wat op die PD Gebiedskamp die vakansie verwerf is, uitdeel. Die gr 3’s het reeds hulle s’n ontvang.

 

2) Kampe:

Kommandokamp: Sluitingsdatum 19 Mei

Gelde word in die kommando se rekening inbetaal (Slegs EFT asb of kontantbetaling + R5 by Ontvangs op ‘n Vrydagaand).  

 

3) Kraaifontein Jeugdag projek:

Elke jaar is ons betrokke by Kraaifontein kommando se projek.

Dit bestaan uit ‘n 5 km pretloop op 10 Junie en ‘n uitreik na Laerskool Klipheuwel op 24 Junie. Ons sal later meer inligting gee oor die pretloop maar dagboek solank die datum. 

 

Hierdie jaar het hulle Kanonkop gevra vir ‘n bydrae van 100 serpe, 100 waslappies, wintersklere vir kinders tussen 5 en 13, en ou kussings en kussingslope. Julle kan dit maar solank op ‘n Vrydagaand bring en ons sal dit oorhandig.  

 

Groete

 

Hannalene