23 April 2010

Post date: 27-Jul-2010 15:05:14

Beste ouers

Onthou: Geen Voortrekkers vanaand.

Net enkele reëlings rondom die kommandokamp ( 30 April - 2 Mei 2010):

1) Die kinders reis Vrydag in aktiewe Voortrekkerdrag ( Blou Voortrekker hempie en jean).

2) Alle medikasie moet in ‘n plastieksakkie geplaas word. Merk dit met die kind se naam en volledige instruksies van wanneer en hoeveel. Dit word Vrydagaand voor ons vertrek aan ons mediese offisier, Tonja Louw, oorhandig.

3) Saterdagmiddag maak die Penkop/Drawwertjies en hul offisiere stokbrood en wors. Stuur asb ‘n stokbroodstok saam –merk met die kind se naam.

4) Sien asb die meegaande uitnodiging na die inlywing van nuwe Voortrekkerlede. Al die ouers word na hierdie geleentheid uitgenooi. Dit word deur ons Gebiedsleier, Anton Erwee, waargeneem. Laat weet ons net indien u kom, sodat ons die verversings kan reel.

Indien u kind nie kan kom kamp nie, kan u steeds u kind Sondag bring vir die inlywing. Laat weet my net, sodat ons dit by die reëlings kan in ag neem.

Drag van nuwe lede tydens die inlywing:

Offisiere: Formele drag

Penkoppe/ Drawwertjies: Jean, Blou Voortrekker hempie en die onderbaadjie

Verkenners: Formele drag

Nuwe heemrade: Netjies informeel

5) Vervoer:

Baie van u het nie op die vorm gemerk of u kinders Vrydag of Saterdag kan vervoer, en hoeveel kinders nie. Kan u my asb op die laaste teen Maandag laat weet. Indien ons nie genoeg vervoer vir al die kinders kry nie, sal ons vra dat u self u kind by die terrein besorg.

6) Dit is nou saans al baie koud op Wemmershoek. Pak maar warm klere en 'n kombersie ook in asb.

Hoe kom ´n mens op Wemmershoek?

Aanwysings na Wemmershoek:

* Neem die N1 in die rigting Paarl.

* Neem die afrit 59, Jan van Riebeeckweg (Wellington / Franshoek). (Ek dink dit is die afrit net na Ceciliaweg)

* Draai regs in die rigting van Franshoek (m.a.w. onder die N1 deur).

* Ry vir ±14 km in die Franshoek rigting (u gaan by die gevangenis, Drakenstein [was altyd Victor Verster] verby ry).

* Sodra u oor ’n bruggie ry is daar ’n pad wat baie skerp na links uitdraai na die Wemmershoekdam, draai links op die pad.

* ±50 m verder draai u regs in en gaan deur die Voortrekkers se hek.

* U is nou op Wemmershoek, Die Voortrekkers se grond.

* Volg die pad teen die bult uit, die teerpad word later ´n grondpad.

* Hou net reguit aan op die grondpad (seker so 300 meter) tot by die saal.

(Vir die van u met ’n GPS kan die volgende dalk iets beteken - S33º51.462” E19º03.251”.)