Kanonkop Kommandokamp Jul 2011

Post date: 19-Feb-2012 19:44:20

Kanonkop se kommandokamp is in Julie 2011 op Wemmershoek - Wawiel gehou.  Ons was gelukkig om 'n besoek van SAPS honde-hanteerders en hul honde te ontvang wat ons bietjie kom wys het wat die honde kan doen.  Wat 'n voorreg!  Dankie SAPS!

 Net 'n bietjie aandag asseblief.  Agter die oor.  Jaaaaaa, net daar!  Selfs werkende honde het so af en toe 'n bederfie nodig.

Soos gewoonlik het ons baie lekker geeet weens die wonderlike heemraad-kokke. Waar sou ons sonder ons heemrade gewees het?