22 April 2015

Post date: 23-Apr-2015 17:31:26

Beste ouers

1) Spanbyeenkomste

Agv die 2 langnaweke wat voorlê, is die eerste spanbyeenkoms nou eers weer op 8 Mei.

‘n Klomp spanne het kampe daardie naweek, so nav die hoeveelheid inskrywings sal ons bepaal vir watter grade daar byeenkomste gaan wees.

2) Aktiwiteite:

Die vlg spesialisasies se inskrywings sluit vlg week. Skryf asb gou in vir die kampe waar daar beperkings op die getalle is.

Gr 3 Junior Godsdiens

Gr 4 Groot Trek

Gr 5 Fietskunde

Gr 6 Spanseremonies

Gr 7 Voorslagafronding

Verkenner Sterrekunde

3) Uitnodiging van ons buurkommando

Hou solank 20 Junie oop op julle kalenders. Sien die meegaande uitnodiging van ons Kraaifontein buurkommando.

Hierdie inisiatief pas in by die Wese van Die Voortrekkers:

Die Voortrekkers is 'n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hul roeping tot diens”.

Groete

Hannalene