3 November 2010

Post date: 19-Jan-2011 19:43:16

Beste ouers

1) Verkenner Nagmars: 16- 17 Oktober

Baie geluk aan ons graad 10 dogters wat die skild vir die beste dogtersspan in die senior kategorie verwerf het. Ons is trots op julle!

2) Jaarafsluiting:

Baie dankie aan almal wat die geleentheid kon bywoon. Ek weet dis maar moeilik tussen die skool, werk, persoonlike dinge en die Voortrekkers om by alles uit te kom.

Die kinders wat nie daar kon wees nie, kan met my 'n reëling tref om die toekennings by my te kom haal.

3) Gemeenskapprojek:

Net 'n woordjie van dank aan elkeen wat 'n bydrae kon maak. Iewers daar buite is daar iemand aan wie se hart jy geraak het.

4)Kerkparade : Sondag 7 November

Hiermee word almal hartlik uitgenooi om deel te wees van ‘n gesamentlike kerkparade as Voortrekkers by die Varingfees (Hoërskool Brackenfell) . Die diens sal om 09h30 begin met ‘n gospelfees deur Bobby Van Jaarsveld. Iets om beslis nie te mis nie.

Die diens sal bygewoon word in aktiewe Voortrekkerdrag en u word versoek om u eie stoele te bring as voorsorgmaatreël.

Dit is beslis ‘n wonderlike geleentheid om ons betrokkenheid en entoesiasme te wys en ook om die “C” van die ABC te beleef.

5) Afsluiting op Wemmershoek: 13 November

Offisiere en ouers: Kom geniet 'n heerlike aand saam met Zak van Niekerk. Sien die aangehegte pamflet vir meer inligting.

Dink net: gratis verblyf en ma's - Saterdagaand word julle bedien! Kom kuier gerus saam.

6) Spanoffisiere 2011

Indien daar ouers is wat belangstel om volgende jaar 'n spanoffisier te word, kan julle my per epos kontak met die volgende inligting:

Naam , van, ID

Adres, Kontakbesonderhede ( tel nommers, eposadres)

Vorige Voortrekker-ondervinding indien enige

Belanstellings , "hobbies"

Na watter ouderdomdsgroep vir n span word gekyk

Waarom wil jy graag by die Voortrekkers betrokke raak?

Groete

Hannalene Swart