Graad 4's leer van die ABO

Post date: 19-Feb-2012 20:39:16

Kanonkop se Graad 4's het saam met ander Graad 4's vanuit die hele Wes-Kaap die Anglo-Boere-oorlog spesialisasie in Paarl bygewoon. Ons het geleer van die oorlog, wat die oorlog veroorsaak het, hoe die oorlog ervaar is, en sommer oor die lewe van die mense van die tyd.

Ons het gehoor hoe klink 'n kanon en voorlaaier en kon self met 'n klein kanonnetjie skiet (sonder koeels!).

Ons het sommer meer geleer van Noodhulp ook.

Die besoek aan die ABO monument in die Paarl was 'n belewenis.

Gaan help!!

Ons was bevoorreg om te kon luister na Martiens van Bart se diepgaande kennis oor die Kaapse Rebelle en die Kaap in die tyd van die ABO.

Die monument is werklik 'n besoek werd, en laat jou nogal dink aan wat mense deurgegaan het in ons land se verlede. Kom ons hoop ons almal leer uit die geskiedenis, haal daaruit wat goed is, en bou daarop voort.