Ons bedien Brackenfell reeds sedert 1976
Die Voortrekkers Kanonkop Brackenfell is deel van die groter Voortrekkerbeweging wat reeds in 1931 amptelik gestig is. Hier in Brackenfell Hou Koers ons reeds sedert 1976 saam met ons veel ouer Voortrekkerbure rondom Kaapstad.
Ons kom elke Vrydagagaand binne skoolkwartale van 18:00 tot 19:00 by die NG Kerk Proteahoogte in Brackenfell bymekaar, as ons nie weg is vir 'n kamp of ander avontuur nie.
 Almal van Graad Loopnounet tot Graad Afgetree is baie welkom, ons amptelike goed-beplande program vir jeuglede sluit Graad R tot Graad 12 in, met die laerskooljare as Penkoppe en Drawwertjies, en die hoĂ«rskooljare as Verkenners. Na skool kan jy inspring en help as Staatmaker, en na die studentejare en bietjie meer lewensondervinding kan jy as volwasse lid 'n Spanoffisier raak of ondersteuning bied as Heemraad of Jeugvriend.Â
Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hulle roeping tot diens.
Jou Kanonkop knoppies...
Die Voortrekkers se metode vir leierskapontwikkeling is die kombinasie van Kultuur, Avontuur en Natuur. Deur dié metode het Die Voortrekkers vir meer as tagtig jaar bewys ons KAN suksesvol dienbare leiers vir môre ontwikkel.
Die uitkomste van Die Voortrekkers se leierskapsontwikkeling is selfdoen-Vaardighede, waardegedrewe Antwoorde en die praktiese Toepassing daarvan. Hiermee VAT Voortrekkers die toekoms met selfvertroue.
Gaan kyk ons Facebook blad om op datum te bly!
↩️
Boeresport en vrugte fees by Kanonkop
Die Voortrekkers, Gebied Kaapland, op Facebook: