22 Aug 2012

Post date: 23-Jan-2013 20:27:44

Beste Ouers

 1)    Spanbyeenkoms: Vrydag 24 Augustus 2012

Waar: NG Kerk Proteahoogte

Tyd: 18:00 – 19:00

Drag: Jean, Voortrekkers Golfhempie en onderbaadjie vir die wat al het.

2)   Gebiedskampe

Daar lê ‘n ongelooflike klomp lekker gebiedskampe in die vakansie voor vir al die Gr6- Gr 12’s.

Julle offisiere het reeds die vorms aan julle versprei. Vra gerus indien julle dit nie ontvang het nie. Daar word baie moeite gedoen met die kampe en ons wil regtig die kinders aanmoedig om dit by te woon.

Die sluitingsdatum is 31 Augustus. Agv die Gr 1-gr 6’s se Spesialisasie-naweek gaan daar nie ‘n spanbyeenkoms wees nie, maar die inskrywings en betalingsbewys kan per epos aan julle offisiere gestuur word wat dit sal indien.

3) Finansies

Alle gelde kan met die kind se naam en aktiwiteit in die kommando se rekening inbetaal word.

Kanonkop Voortrekkers, ABSA Tjekrekening 1450940026

Moenie dit mis nie!

Groete

Hannalene

Die Voortrekkers Kanonkop