8 Junie 2011

Post date: 28-Jul-2011 14:27:29

Beste ouers,

Ek kan nie glo ons staan alweer by die laaste Voortrekker-byeenkoms van die kwartaal nie. Ons spring darem weer in die nuwe kwartaal weg met 'n lekker kamp.

Ek hoop julle maak die beste van die "langnaweek" vlg week.

1) Vrydagaand: 10 Junie

Spanbyeenkoms : 18:00 tot 19:00

2) Kommandokamp: 22-24 Julie 2011

Al die vakansiedae en die skoolvakansie pootjie ons bietjie met die inskrywings, so ek gaan julle hulp nodig hê.

Indien jy nou reeds weet jou kind gaan die kamp bywoon, kan julle Vrydagaand vir ons die vorms bring. Ons kan dan nog uitstel gee vir betaling tot einde Junie. Nuwe kinders wat wil saam kamp, moet asb net eers by my 'n draai kom maak, sodat ons julle lederegistrasie kan afhandel.

Inbetalings kan gedoen word by:

Kanonkop Kommando

ABSA 1450940026

Takkode: 512610

Kind se naam en van as verwysing

Stuur asb die betalingsbewys aan Jorina Minnie: Jorina@jpce.co.za

Vir al die nuwe ouers: Wemmershoek is die Voortrekkers se kampterrein naby Franschhoek ( oorkant Hollandse Molen) . Ons sal later aanwysigings stuur.

Die Sondag van die kamp gaan ons die nuwe ingeskrewe lede inlyf en die ouers is baie welkom om hierdie geleentheid saam met ons by te woon.

Groete

Hannalene Swart