25 Jul 2012

Post date: 23-Jan-2013 20:21:23

1) Spanbyeenkoms: Vrydag 27 Julie 2012

Waar: NG Kerk Proteahoogte (Gebruik asb die sy-ingang, aangesien die Wintermark in die saal aan die gang is)

Tyd: 18:00 – 19:00

Drag: Jean en Voortrekker Golfhemp

Aan almal wat die naweek gaan kamp – Geniet dit!

(AngloBoereoorlog, Senior Godsdiens, Persoonlike versorging en die Voorslagafronding).

2) Die Voortrekkers se Administrasie-stelsel

“Baie Dankie” aan elke ouer wat al ingeteken en die persoonlike inligting opdatteer het.

Ons waardeer dit baie.

Dit sal gaaf wees as julle dit teen die einde van die maand kan klaar hê. Maak asb by julle gades seker of hulle ook ‘n epos ontvang het en laat weet my as hulle nie het nie, sodat ons kan ondersoek instel (stuur asb die epos-adres saam).

Net weer die proses:

U sal ‘n epos vanaf posdiens@houkoers.co.za ontvang met u gebruikersnaam en wagwoord. Onderaan die epos is ‘n skakel wat u moet selekteer om die gebruikersnaam te aktiveer op die stelsel. Sodra u die skakel selekteer sal u weer na ‘n webblad geneem word waar u, u wagwoord moet invul om verder te gaan. Selekteer die “Teken In” ikoon nadat u, u wagwoord ingevul het. U sal die onderstaande boodskap sien.

Selekteer die “Teken In” ikoon weer en u sal na die Gebruiker Aanmelding webblad geneem word. Vul asseblief al die velde in en selekteer die ikoon “Opdateer”.

3) Kleredrag

By ons afsluitingfunksie die einde van die jaar word alle nuwe lede ingelyf. Gesels met u kind se offisier en maak seker van die korrekte Voortrekkerdrag wat gedra moet word (Die gr 1’s word ook almal ingelyf en ook al die gr 8's ).

Die Voortrekker onderbaadjies kan by Johmine Doubell bestel word. Kontak haar by 981 3650 om ‘n afspraak te maak. Die verpligte kentekens wat op die baadjie moet kom, kan teen R40.00 per pakket by my bestel word.

Ons gaan binnekort weer ‘n bestelling by die depot in Pretoria plaas. Laat weet my asb indien u enige bestelling wil plaas, bv hempie, kentekens ens.

Groete

Hannalene

Die Voortrekkers Kanonkop