28 Februarie 2014

Post date: 26-Feb-2014 18:38:29

Beste ouers

‘n Groot Dankie aan almal wat ‘n skryfbehoefte-bydrae vir die skool gestuur het. Ons waardeer dit opreg.

Aan al die Verkenners wat die naweek op die vlotvaart gaan: Geniet dit! En hou ons naam hoog.

1) Spanbyeenkoms Vrydag 28 Februarie 2014

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Voortrekker golfhempie, jean en onderbaadjie vir die wat al het

Almal wat vleisprodukte bestel het vir 28/02: Onthou om dit te kom afhaal

2) Finansies:

Aan almal wat ledegeld afbetaal: Ten minste 50% ledegeld moet asb teen einde Februarie betaal wees tensy anders gereël met Jorina Minnie (jorina@jpce.co.za).

Laaste paaiement einde April.

Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening 1450940026

Naam en van as verwysing

Sover moontlik EFT betalings asb.

Penkop/ Drawwertjie Gebiedskamp: 29 Maart tot 1 April 2014

Wie: Alle gr 3- gr 7’s

Hierdie kamp is nou een kamp wat mens net nie kan mis nie. Dis groot pret.

Inskrywings is ‘n administratiewe nagmerrie, so met hierdie kamp gaan ons baie streng wees tov die inskrywings.

Sluitingsdatum: 7 Maart

1) Jy moet ‘n geregistreerde lid wees (maw jy moet n lidnr hê)

2) Ten minste 50% ledegeld moet betaal wees

3) Jou inskrywingsvorm sowel as die betalingsbewys moet na die spanoffisier gestuur word. As beide nie op 7 Maart daar is nie, geld die laat inskrywingsfooi.

Klink op die link as jy nog nie die vorms ontvang het nie:

PD Kamp inskrywing en ouerbrief: PD Kamp

Dinner in the Dark: NG Kerk Proteahoogte – 14 Maart

Hier is ‘n baie oulike geleentheid om te beleef hoe blinde mense leef.

Dit is ‘n drie gang maaltyd wat jy geniet terwyl jy geblinddoek is, ten bate van die Lighthouse vereniging vir blindes. Sien die meegaande advertensie vir meer inligting.

Groete

Hannalene