16 Aug 2012

Post date: 23-Jan-2013 20:26:39

Beste Ouers

1) Spanbyeenkoms: Vrydag 17 Augustus 2012

Waar: NG Kerk Proteahoogte

Tyd: 18:00 – 19:00

2) Spesialisasiedag:

Gr 1-3: 1 September

Gr 4-6: 31 Augustus tot 1 September

Moenie hierdie spesialisasiedag misloop nie! Daar is omtrent 450 Voortrekkers bymekaar en dis groot pret om iets nuuts by te leer en nog nuwe maats te ontmoet ook.

Sluitingsdatum: 17 Augustus.

Geen laat inskrywings sal ongelukkig aanvaar kan word. Die inskrywingvorm sowel as die betaling moet in ons besit wees.

Kontak my of jou spanoffisier indien julle dalk nie die inskrywingsvorms ontvang het nie.

3) Verkenner Sokkie en Aksiedag: 1-2 September (Gr 8-12)

Agv interskole is hierdie aktiwiteit van 18/19 Augustus geskuif na 1/2 September. Die nuwe vorms sal eersdaags versprei word.

4) Administrasie program:

Baie dankie aan almal wat al gaan Inteken het. Dis lekker om te sien hoe die lysie groei.

Groete

Hannalene

Die Voortrekkers Kanonkop