23 Februarie 2011

Post date: 28-Jul-2011 13:58:48

Beste ouers

1) Vrydagaand: 25 Februarie 2011

Waar: NG Kerk Proteahoogte

Tyd: 18:00 - 19:00

2) Kraaifontein kommando: Dansmarathon: 25 Februarie

Almal is welkom om te gaan deelneem. Julle kan Vrydagaand ook nog inskryf. Hulle begin om 18:00 dans, so die organiseerders vra dat die inskrywings dan teen nie later nie as 17:30 gedoen word.

Kontak my indien ek weer vir jou 'n inskrywingsvorm moet aanstuur.

Kraaifontein se Verkenner-dogters het gevra of ons seuns te bang is om teen hulle te kompeteer en of hulle knietjies jellie in het!

Laat weet ook asb net jou kind se offisier indien die kind gaan dans en nie die gewone spanbyeenkoms kan bywoon nie. Die aktiwiteit tel 2 ABC punte vir bywoning.

3) Spesialisasies: 11-13 Maart (gr4- gr6)

Gedurende die week het ons die inskrywingsvorms vir die vlg spesialisasies uitgestuur:

Gr 4: Plantkennis

Gr 5: Plaaslewe

Gr 6: Sterrekunde

Gr 7: Medemens (belangrik vir Voorslagtoetsing)

Sluitingsdatum: 25 Februarie

Laat weet my asb indien jy nie 'n vorm ontvang het nie, sodat ek dit kan aanstuur.

4) Penkop/Drawwertjie Gebiedskamp: 2-5 April (gr 3- gr7)

Ma en pa, nou kan julle lekker rus gedurende die vakansie terwyl die kinders 'n fees van 'n tyd op Wemmershoek het.

Sluitingsdatum vir inskrywings: 11 Maart

5) Betalings

Alle inbetalings (klerasie en aktiwiteite) kan direk in die kommandorekening gedoen word. Gee net die kind se naam en die aktiwiteit as verwysiging.

Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening: 1450940026

Die inbetalingsbewys kan aan Jorina Minnie gestuur word: Jorina@jpce.co.za

6) Vervoer:

Op die inskrywingsvorms is daar altyd 'n vragie of jy kan help met vervoer. Moenie vergeet om dit in te vul nie! Ons probeer die koste laag hou deurdat elke ouer nie beide ritte hoef te ry om te neem en te gaan gaan haal nie. Sommige kampe, soos die PD Gebiedskamp, eindig op 'n Dinsdag. Maak asb seker dat u wel beskikbaar is om te help met vervoer.

7) Afvalprodukte benodig:

Ons benodig die vlg items vir 'n aktiwiteit wat ons gaan aanbied. Help asb as julle kan:

Toilet rolle

Sigarette boksies

Vierhoutjie boksies

eier bokse

koffie blikke enige grote met deksels

Koeldrank blikkies

500ml coke botteltjies

Ek sal Vrydae aande n boks by die deur neersit dan kan hulle net alles daar in gooi.

Groete tot Vrydagaand.

Hannalene Swart