25 Augustus 2010

Post date: 13-Sep-2010 19:08:19

Beste Ouers

1) Vrydagaand: 27 Augustus

Spanbyeenkoms om 18:00 tot 19:00

2) Gebiedskampe ( gr 8 - gr 11):

Sluitingsdatum vir inskrywings: 27 Augustus

3) Barnyard

Op Saterdag, 9 Oktober 2010 hou ons ‘n fondsinsameling vir die kommando by Barnyard.

Vertoning: Absolute 80’s ! Kom herleef weer jou jeug en al die lekker herinneringe van die "jong dae".

Kaartjies teen R120 sal Vrydagaand beskikbaar wees.

Dit beloof om ‘n wonderlike aand te wees. Die hele boonste vlak is vir ons gereserveer.

4) Ietsie te ete:

Vir die ma's wat nie altyd lus is om kos te maak nie - hier is 'n oplossing vir julle.

Die Olifant-span verkoop heerlike pasteie. Sien die bestelvorm aangeheg.

5) Gemeenskapprojek:

Ons probeer om elke jaar by 'n projek in die gemeenskap betrokke wees. Hierdie jaar ondersteun ons die SAPD in Brackenfell.

Sien meer inligting op die pamflet.

Groete

Hannalene Swart