28 Januarie 2015

Post date: 29-Jan-2015 21:10:49

Beste ouers

 Dit was sooo lekker om almal Vrydagaand weer te sien en my hart word warm as ek hoor die kinders kon nie wag om weer te begin nie.

 Dis maar ons tweede spanbyeenkoms en ons eerste aktiwiteite is alreeds om die draai. 

 1) Spanbyeenkoms Vrydag 30 Januarie 2015

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Ou klere en tekkies

Ons gaan lekker waatlemoenfees hou en kyk wie is die Baas-toutrekspan! Kom speel saam.

 Die snoepie sal oop wees.

 2) Hulp in en vir die gemeenskap:

Later in die jaar is ons weer by ‘n uitreik (wat Solidariteit reël), na Huis Ravenzicht in Kraaifontein betrokke. Ons benodig 250g koffieblikke en leë drukkerpapier bokse. Julle kan dit Vrydagaande saambring en by ontvangs afgee.

 3) Aktiwiteite:

Slegs geregistreerde lede mag aan die Gebieds-aktiwiteite deelneem, so skryf gou in!

Gr 4 Plantekennis en die Verkenner vlotvaart-vorms sal nog in hierdie week versprei word.  

 4) Jaarprogram:

Die jaarprogram met die geskatte koste van die aktiwiteite is op ons webwerf onder Vorms. Gaan kyk gerus daar wat vir elke graad voorlê. 

 

4) Finansies:

Ledegeld: R520 per kind per jaar (derde kind = R470)

Gr R ouers – kom gesels met my

 Indien nodig kan ledegeld afbetaal word in maandelikse paaiemente, met die eerste paaiement betaalbaar einde Januarie en die laaste paaiement op 30 Maart. Reël dit asb net so met Jorina Minnie by jorina@jpce.co.za. Gebiedsaktiwiteite mag slegs bygewoon word indien ‘n gedeelte ledegeld reeds ontvang is.   

 Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening 1450940026

Naam en van as verwysing

Sover moontlik EFT betalings asb.

 Alle ledegelde en kampgelde van al die aktiwiteite kan in die kommando se rekening betaal word. Onthou net die kind se naam en beskrywing as verwysing.

 Groete tot Vrydagaand

 Hannalene