9 Maart 2011
Post date: 28-Jul-2011 14:06:50
Beste Ouers
1)Vrydag: 11 Maart 2011
Spanbyeenkoms om 18:00- 19:00
Aan al die graad 4 tot graad 6'se wat gaan kamp: Geniet dit!
Die vervoerreëlings sal ook vandag finaal deurgegee word.
2) Penkop/Drawwertjiekamp: 2-5 April 2011
(Graad 3 tot Graad 7). Die kinders verdien 10 ABC punte vir bywoning van die kamp.
Sluitingsdatum vir inskrywings: 11 Maart ( Laat weet my as ek weer die vormpie vir jou moet aanstuur).
Koste: R205.00 per kind
Maak asb seker dat u beskikbaar is om die kinders die Dinsdag wat die kamp sluit te kom haal. Ons het ongelukkig nie 'n bus om hulle mee terug te bring nie.
3) Kloekenkraai Opskrop: 25 Maart
4 ABC punte vir bywoning
Hierdie is 'n baie prettige aand. Ons speel hoender-eier-golf, eet hoender burgers en kyk wie het die mooiste hoenderbene! - en nog vele meer.
Hoenderburgers en kinderetes kan bestel word by Marlene Swart - marlene.swart@canon-stb.co.za (0824862230) @ 18 Maart.
Sien die aangehegte pamflet vir meer inligting.
4) Afvalprodukte benodig:
Ons benodig die vlg items vir 'n aktiwiteit wat ons gaan aanbied. Help asb as julle kan:
Toilet rolle
Sigarette boksies
Vierhoutjie boksies
eier bokse
koffie blikke enige grote met deksels
Koeldrank blikkies
500ml coke botteltjies
Ek sal Vrydae aande n boks by die deur neersit dan kan hulle net alles daar in gooi.
Groete tot Vrydag.