15 Julie 2011

Post date: 28-Jul-2011 14:35:38

Graad 6 SSBMW Kamp: 1-4 Oktober 2011

Ek is seker daarvan die kinders is al verveeld na hierdie lang vakansie, so hier is iets waarna hulle vir die vlg vakansie kan uitsien!

·        Wanneer:        Meld aan om 09:00 op 1 Oktober en vertrek weer om 12:00 op 4 Oktober.

·        Waar:        Mooi Hawens Jeugterrein, Bettysbaai. (tel: 028 272 3201)

·        Koste:        R275

·        Inskrywing:        voor of op 10 September.

Uit die brief: Soos die Verkenners hul WWW – Kamp het, het die Gr 6se hul fantastiese SSBMW – Kamp.  Dit is diѐ  “aanhou-uithou-moedhou-kamp” van die Penkoppe en Drawwers!  Ons gaan sandduine ry, vêr langs die see stap, Harold Porter Natuurtuin en Pikkewyn Kolonie besoek en eindig met ’n uitdagende “Amazing Race”!  Tussen dit alles deur skiet, speel “volley”  bal en werk ons aan twee spesialisasies: Kus Ekosorg en See Dierekennis.

Groete

Hannalene Swart