18 Februarie 2015

Post date: 20-Feb-2015 11:18:49

Beste ouers

Baie dankie aan almal wat die potjiekos kompetisie bygewoon het en baie geluk aan die spanne wat pryse gewen het!

1) Spanbyeenkoms Vrydag 20 Februarie 2015

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Voortrekker golfhempie, jean en erkenningsbaadjie

Die kinders wat hempies bestel het kan dit Vrydagaand gaan afhaal. Daar is ‘n paar ekstra hempies ook.

Die kentekens vir die erkenningsbaadjies was egter uit voorraad.

Die gr R werkboekies het gekom. Dit sal uitgedeel word by ontvangs van die ledegeld

2) Lidmaatskap:

Nuwe lede moet asb die lidmaatskapvorm voltooi en Vrydagaand saambring.

Ledegeld: R520.00 per kind

Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening 1450940026

Naam en van as verwysing

Sover moontlik EFT betalings asb.

Gr R: Kom gesels met my oor die fooie.

Die gr R werkboekies het gekom. Dit sal uitgedeel word by ontvangs van die ledegeld.

3) Aktiwiteite:

Slegs geregistreerde lede mag aan die Gebieds-aktiwiteite deelneem!

Kampinskrywings reeds versprei:

Gr 4: Plantkennis

Gr 5: Plaaslewe – Gesluit

Gr 6: Sterrekunde

Gr 7: Medemens

Laat weet asb indien julle nie die vorms ontvang het nie sodat ons dit kan aanstuur.

4) Spanoffisiere:

Baie welkom aan Trixi Claassens wat vir ons na die graad 1’tjies gaan kyk.

Baie dankie aan Winnie wat vir ons by die graad R groepie uitgehelp het. Van vlg week af gaan Lanie Thomas vir ons beheer van die groepie neem.