28 Julie 2010

Post date: 13-Sep-2010 19:03:11

Beste ouers

Hierdie week is ons nuus min.

1) Spesialisasie-naweek:

Aan al die gr 4, 5, 6 en 7's wat hierdie naweek kamp - Geniet dit ten volle en hou ons naam hoog!  

2) Voortrekkerdrag:

Vrydagaand sal ons weer hempies beskikbaar hê vir ouens wat hempies nodig het.

3) Kanonkop webblad:

Ons kommandoleier, Johan Minnie, het vir ons 'n webblad aanmekaar geslaan. Gaan kyk 'n bietjie en gee vir ons idees oor wat julle nog graag daar sou wou sien en hoe ons dit verder kan verbeter.  http://sites.google.com/site/kanonkopvoortrekkers/Kanonkop

Groete

Hannalene Swart