29 Aug 2012

Post date: 23-Jan-2013 20:29:19

Beste ouers:

1) Vrydag 31 Augustus 2012:

Agv die Spesialisasie-naweek sal daar geen spanbyeenkoms wees nie.

2)Vrydag 7 September 2012:

Die Verkenner dogters verkoop heerlike JC’s (R1.00) en pannekoeke (R4.00). Bestellings kan by Mirinda Ellis geplaas word by Mirinda@cell.blackberry.com, of taxmgr@nexiasa.com (spesifiseer hoeveelheid en met/sonder kaneelsuiker).

Die kerk verkoop ook daardie aand heerlike hamburgers. Kom kry jou aandete daar!

3)September Gebiedskampe: Gr 6- gr 12

Ons herinner almal net aan die inskrywings en betalings wat asb teen Vrydag 31 Augustus by die kinders se offisiere moet wees. Kontak my of jou kind se offisier indien julle verdere inligting of vorms benodig.

Gelde kan in die kommando se rekening inbetaal word en die getekende vorms en betalingsbewys kan per epos aangestuur word.

Kanonkop Voortrekkers, ABSA Tjekrekening 1450940026

4) Erkenningsbaadjies

Die Voortrekker onderbaadjies kan by Johmine Doubell bestel word (Leliestraat 11). Kontak haar vir ‘n afspraak by 981 3650. Die verpligte kentekens vir die baadjies is by my beskikbaar teen R40.00 vir die stel van 5.

Groete

Hannalene

Die Voortrekkers Kanonkop