30 September 2011 - 80 Jaar jonk vandag

Post date: 07-Feb-2012 20:29:13

Uit die pen van kommandoleier, Johan Minnie

80 Jaar Jonk Vandag

Aan al die Kanonkoppers en ons vriende wil ek net vandag gelukwense oordra met die 80ste verjaarsdag van die Voortrekkers wat op 30 September 1931 gestig is. Baie van ons is vandag haastig oppad na die verskeie gebiedskampe toe, en sommiges gaan op verlof, maar neem net ‘n oomblik om te dink aan al die kinders wat al deur die Voortrekkers beweeg het die afgelope 80 jaar, wie se lewens aangeraak is, en wie kon baat vind uit wat die Voortrekkers bied. Nogal ‘n inspirasie, nê? Ek hoop vandag is vir julle almal ook vol betekenis en waarde.

Geniet die kampe en vakansie, dankie vir almal se hulp by laas Saterdag se kinderdag waar ons Boeresport aangebied het, en mag die beste span (Springbokke) wen by die wêreldbeker!

Vriendelike Groete

Johan Minnie