12 Oktober 2010

Post date: 19-Jan-2011 19:35:32

Beste ouers

1) Kloekenkraai opskrop: 15 Oktober

Kom geniet 'n aand propvol hoender-sports saam met ons. Kom speel hoender-eiergolf, wie kan die verste eier gooi, hoender hopskop?, en mnr en mej Hoenderbene en nog baie meer.

Hoenderetes kan bestel word teen R30-00 by Suzette Botha. Plaas asb u bestellings voor 11:00 op Woensdag 12 Oktober 2010.

Waar: Bellville Oom Vossie kommando ( ons kom daar bymekaar - nie by die kerk nie)

Tyd: 17:30 - 20:00

Koste: Kinders se toegangsgelde is R10-00 en sluit in n Worsbroodtjie en n sappie en alle speletjies is GRATIS. Gee asb ook hierdie getalle deur aan Suzette.

Waar is Oom Vossie-kommando?

Ry met Suikerbossie-laan in die rigting van Bellville tot jy die T-aansluiting by Bill Bezuidenhout kry.

Draai links

Eerste straat regs en dan weer eerste straat regs.

By die stopstraat ( hier sal n aanwysingsbord voor jou na Oom Vossie wees) - draai links.  

Volg die pad. Die ingang na Oom Vossie is 'n uitdraaipaadjie na links.

Die kommando is teen die N1 gelee.

   

2) Oordkamp 22 Oktober 2010:

Sluitingsdatum : 15 Oktober

3) Gemeenskapprojek:

Ons projek in samewerking met die SAPD loop nog aan tot 22 Oktober.

Baie dankie vir al die bydraes! As iemand nog ietsie wil bring is julle welkom. Ons oorhandig die pakkies die einde van die kwartaal.

Waslappies          

Tandeborsels        

Tandepaste          

Sjampoe              

Groete tot vlg week.

Hannalene Swart