30 Augustus 2011

Post date: 07-Feb-2012 20:24:01

Beste ouers

1) Vrydagand 2 September:

Die komende naweek is daar 'n verskeie aktiwiteite waarby die kinders betrokke is. Ons het dit dus goedgedink om Vrydagaand se normale spanbyeenkoms te kanselleer, aangesien die meeste kinders Vrydagaand nie daar sal wees nie.

2) Sluitingsdatum van aktiwiteite: 2 September 2011

Alle Gr 8 - Gr 11 Gebiedskampe

Laat weet my asb indien ek weer 'n vorm moet aanstuur.

Aangesien daar dus nie Vrydagaand Voortrekkers is nie, kan die vorms en geld Donderdagaand 1 Sept van 18:30 af by my huis afgegee word ( Bergsigstr 9), of dit kan elektronies aan my versend word en die gelde elektronies inbetaal word met bewys van betaling ook aan my.

Kanonkop

ABSA Tjekrekening  1450940026

Groete

Hannalene Swart