Omsendbrief 17/01/2019

Post date: 17-Jan-2019 11:12:48

Beste ouers

 

Daar sal komende Vrydagaand ‘n inligtingsaand vir nuwe ouers wees.

 

1) Spanbyeenkoms: Vrydag 18 Januarie 2019

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Blou Voortrekker golfhempie en jean   

 

Daar sal ‘n snoepie na afloop van die byeenkoms wees. Maak jou beursie leeg van al daardie swaar kleingeld.

 

2) Lederegistrasie:

Alle bestaande lede moet asb so spoedig moontlik die aangehegte hernuwingsvorm voltooi en terugstuur.

Ek sal apart vir lidmaatskapvorms vir die nuwe lede reël. ‘n Lid word geregistreer by ontvangs van die vorm en ten minste R200 registrasiefooi.

 

3) Aktiwiteite:

Ons eerste uitnodigings na Gebiedsaktiwiteite is uitgestuur. Slegs geregistreerde lede mag bywoon.

 

Onthou:

Die kinders mag nie net op ‘n kamp opdaag sonder om vooraf (betyds) in te skryf nie.

‘n Inskrywing bestaan uit die inskrywingsvorm tesame met die betalingsbewys.

 

Die vlg vorms is versprei:

Gr 1 Ek weet – Sluitingsdatum 26 Januarie

Gr 4 Noodhulp- Sluitingsdatum 26 Januarie

Gr 5 Plaaslewe - Sluitingsdatum 26 Januarie

Gr 6 Sterrekunde - Sluitingsdatum 26 Januarie

 

Verkenner (gr8-12) Boendoekamp: Sluitingsdatum 22 Januarie

 

4) Kanonkop pette:

Ons het ‘n paar Kanonkop pette in voorraad. Dit sal Vrydagaand beskikbaar wees @ R75.