16 Jan 2012

Post date: 23-Jan-2013 20:43:32

Beste ouers

Baie welkom in die nuwe jaar!

Ons is baie opgewonde oor al die heerlike aktiwiteite wat voorlê. Ons is dus weer op ons pos om vir ‘n opwindende jaar te sorg.

Soos laasjaar sal ons julle elke Woensdag op hoogte hou van wat gaande is.

1) Spanbyeenkoms, Vrydag 18 Januarie

Tyd: 18:00 - 19:00

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Drag: Voortrekker T-hemp en jean

Bring sommer baie nuwe maats saam.

2) Administrasie:

Vul asb die aangehegte vorm in en stuur so spoedig moontlik terug.

3) Finansies:

Ledegeld:

R480 per kind per jaar

Graad R ouers - kom gesels met my

Ons sal eersdaags die jaarprogram stuur met die geskatte koste van al die aktiwiteite vir die jaar.

Alle ledegelde en inskrywings vir die aktiwiteite kan per EFT in die kommandorekening betaal word. Onthou om die kind se naam by te voeg met ‘n epos aan jorina@jpce.co.za

Kanonkop

ABSA

Tjekrekening 1450940026

4) Potjiekos-kompetisie

Ons eerste aktiwiteit is sommer om die draai. Die jaarlikse potjiekos-kompetisie by Oom Vossie kommando in Bellville. Ons stap elke jaar met klomp pryse weg, so kom ons maak die jaar weer so.

Meer inligting sal volg.

Groete tot Vrydagaand.

Hannalene

Die Voortrekkers Kanonkop