22 Mei 2012

Post date: 22-May-2012 11:27:11

Beste ouers

Baie dankie aan almal wat die kerkparade op 17 Mei kon bywoon.

Baie dankie ook aan almal wat die naweek die kinders kamp toe vervoer het. Ek hoop die kamp was vir die kinders net so lekker soos vir ons.

En dan ‘n Groot Dankie aan al die offisiere vir hulle tyd wat hulle aan voorbereiding vir die kamp afgestaan het, en aan die spyseniering-span vir die heerlike etes.

1) Vrydag 25 Mei 2012

Spanvergadering: 18:00 tot 19:00 by NG Kerk Proteahoogte.

Die Bye (graad 12 dogters) gaan pannekoek verkoop om die koste van hulle toetskamp te probeer verminder.

Bestellings kan by my geplaas word tot Woensdagmiddag 15:00.

Koste: R4.00 per pannekoek.

Indien van julle dalk in die Brackenfell of naby omgewing is en wat dalk ‘n groot bestellings by julle werksplek kan kry, kan ons reël dat dit afgelewer word.

2) WinterWaterWerke Kamp:

Alle Verkenners (gr 8-12)! Moenie hierdie ongelooflike kamp mis nie. DATUM: 24 Junie 2012 (om 09:00) – 29 Junie 2012(om 12:00) WAAR: THEEWATERSKLOOF DAM (naby Villiersdorp)Sluitingsdatum: 25 Mei (kontak my as julle nie die vorms ontvang het nie – geen laat inskrywings).

(Slegs geregistreerde lede mag Gebiedsaktiwiteite bywoon)

Die kampgeld kan direk in die kommandorekening betaal word. Stuur die betalingsbewys + die kampvorm aan jou kind se offisier.

ABSA

Tjekrekening: 1450940026

Groete Hannalene

--

Die Voortrekkers Kanonkop

Kommandoleier: Johan Minnie Sel 084-220-0074