21 Jan 2015
Post date: 22-Jan-2015 17:28:28
Beste ouers
Ons sien baie daarna uit om Vrydagaand weer al die gesiggies te sien! Baie dankie vir julle moeite om hulle so getrou op ‘n Vrydagaand te bring.
Soos gewoonlik is daar weer baie dinge aan die gang so bring maats saam dat hulle ook in die pret kan deel.
1) Spanbyeenkoms Vrydag 23 Januarie 2015
Plek: NG Kerk Proteahoogte
Tyd 18:00 – 19:00
Drag: Blou Voortrekker golfhempie, jean en die erkenningsbaadjie
Algemene versoek vir die jaar:
Laat weet asb u kind se spanoffisier indien die kind nie die spanbyeenkoms kan bywoon nie, aangesien daar dikwels spesiale voorbereidings of aankope vir die aktiwiteite gedoen word.
2) Erkenningsbaadjies
Ons het tans 2 dames wat erkenningsbaadjies maak. Julle kan hulle kontak en ‘n afspraak maak. Betalings word direk aan hulle gedoen.
Elaine Hattingh - 083 564 3346 Brackenstraat 103
Johmine Doubell – 981 3650/ 0828199244, Leliestr 11
Daar is ‘n stel standaard kentekens wat op die baadjies kom. Dit moet by my bestel word @ R40 per stel.
3) Jaarprogram:
As julle soos ek is, sal julle dalk wil beplan vir die jaar. Ek heg dus die jaarprogram aan. Die geskatte koste van die aktiwiteite en die aantal punte wat met elke aktiwiteit verdien kan word, is ook aangetoon.
Soos julle sal sien is daar baie kampe, en die idee is dat die kind dit kies waarin hy belangstel.
Vir die nuwetjies: Die kampe is nie verpligtend nie, maar ons beveel sterk aan dat die kind wel 1 of 2 ‘n jaar bywoon.
4) Finansies:
Ledegeld: R520 per kind per jaar (derde kind = R470)
Gr R ouers – kom gesels met my
Indien nodig kan ledegeld afbetaal word in maandelikse paaiemente, met die eerste paaiement betaalbaar einde Januarie en die laaste paaiement op 30 Maart. Reël dit asb net so met Jorina Minnie by jorina@jpce.co.za. Gebiedsaktiwiteite mag slegs bygewoon word indien ‘n gedeelte ledegeld reeds ontvang is.
Kanonkop Voortrekkers
ABSA
Tjekrekening 1450940026
Naam en van as verwysing
Sover moontlik EFT betalings asb.
Alle ledegelde en kampgelde van al die aktiwiteite kan in die kommando se rekening betaal word. Onthou net die kind se naam en beskrywing as verwysing.
Groete tot Vrydagaand
Hannalene
Die Voortrekkers Kanonkop