16 Februarie 2011

Post date: 28-Jul-2011 13:56:25

Beste ouers

Baie dankie aan almal wat verlede naweek aan die potjiekos, die pretloop en die boeresport deelgeneem het. Dit was lekker om al die entoesiasme te sien. 

Soos gewoonlik het Kanonkop natuurlik weer baie van die potjiekos-pryse ingepalm. Ons is voorwaar trots op julle! Wie het nou gedink dat 'n pienk en 'n groen stokbrood nou so lekker kan wees!?  

1) Vrydagaand: 18 Februarie 2011

Waar: NG Kerk Proteahoogte

Tyd: 18:00 - 19:00

2) Verkenner Vlotvaart: 4/5 Maart

Inskrywings sluit 18 Februarie (graad 8- graad 12)

Om seker te wees dat almal soos 'n ge-oliede masjien kan saamwerk, is daar op Saterdag 19 Februarie 'n in-oefening. 09h00  tot so 12h00  by die werkswinkel waar ons laasjaar gebou het. Adres:  12 Pisces Crescent  Everite Park 2000 Brackenfell

3) Graad 6: Sterrekunde 11-13 Maart

Hier is ʼn geleentheid wat elke Graad 6 kind nie moet misloop nie.  Oom Willie Koorts wat verbonde is aan die Suid-Afrikaanse Sterrewag in Kaapstad en Sutherland en gasspreker op RSG se Sterre en Planete program, bied dié spesialisasie in samewerking met Wamakersvallei Voortrekker Kommando aan. Julle inskrywingsvorms is op pad.

Sluitingsdatum: 25 Februarie

4) Graad 7: Medemens-kamp 11-13 Maart

Aktuele sake soos musiek, partytjies,  maats, ouers, ken jou self en vele meer word bespreek.

Sluitingsdatum: 25 Februarie

5) Hempies:

Daar sal Vrydagaand weer hempies te koop wees.

Groete tot Vrydagaand.

Hannalene Swart