13 September 2010

Post date: 13-Sep-2010 19:13:38

Beste ouers

Kan julle glo - ons staan aan die einde van die derde kwartaal! Ons sluit die kwartaal op 'n heel prettige wyse af met ons jaarlikse Bokjol. Almal - van klein tot groot - moet baie energie en 'n lang asem saambring.

Waar: NG Kerk Heidekoppie (saal)

Tyd: 18:00

Toegangsfooi: Nie-bederfbare kruideniersware ( 1 itempie per persoon)

(Pasta, suiker , speserye, blikkies kos - net nie baked beans - pap, of wat jy ook al beskikbaar het)

Iets te ete:

Daar word heerlike hamburgers verkoop @ R15.00 elk, of 4 @ R50.00.

Bestellings kan tot Woensdagmiddag 15:00 by my geplaas word. (Stuur jou getalle per epos).

Ons is die kerk baie dankbaar dat hulle die saal gratis aan ons beskikbaar gestel het; normaalweg sou dit ons R600.00 kos. Om dankie te sê ondersteun ons hulle sendingprojekte ( kospakkies aan minder bevoorregtes en die hamburger verkope).

Groete

Hannalene Swart