Kanonkop wen nagmars

Post date: 04-Mar-2014 20:50:51

By Die Voortrekkers is daar gereeld avontuurlike aktiwiteite op die program. Op 19 Oktober 2013 het ongeveer 120 jeuglede in Wellington aan die jaarlikse Nagmars deelgeneem. Gedurende die middag het hulle 'n roetemars deur die dorp gevolg en al die historiese geboue deur leidrade opgespoor. Die groot kompetisie het die nag plaasgevind waar die spanne deur samewerking en spanvernuf sekere aktiwiteite op 'n roetemars in die veld moes voltooi. Die junior span van Kanonkop Voortrekkers (Brackenfell) het met die louere weggestap. Hier is Albert Gildenhuys (koordineerder), Lindi Bernhardt, Janneke Swart, Lisa Jansen van Rensburg, Janno Maree, Marthinus Swart, Marijke Marais en Anre Scheepers.