Weeklikse brief 23 Oktober 2013

Post date: 27-Oct-2013 10:13:37

Beste ouers

1) Spanbyeenkoms: Vrydag 25 Oktober 2013

Plek: NG Kerk Proteahoogte.

Tyd: 18:00-19:00

Drag: Jean en Voortrekker golfhempie

Ons jaarafsluiting en prysuitdeling is op Vrydag 1 November om 19:00 by NG Kerk Proteahoogte.

2) Verkenner Nagmars: 19 Oktober:

Op 19 Oktober het ongeveer 120 jeuglede in Wellington aan die jaarlikse Nagmars deelgeneem. Gedurende die middag het hulle 'n roetemars deur die dorp gevolg en al die historiese geboue deur leidrade opgespoor. Die groot kompetisie het die nag plaasgevind waar die spanne deur samewerking en spanvernuf sekere aktiwiteite op 'n roetemars in die veld moes voltooi.

Die junior span van Kanonkop het met die louere weggestap. (sien die meegaande foto).

Mooi so, hou Kanonkop se naam hoog!

3) Gemeenskapprojek – Helpende Hand :

Ons was nou al vir ‘n paar jaar bevoorreg om by Helpende Hand se projek by Huis Ravenzicht betrokke te wees. Hierdie jaar gaan hulle vir die inwoners ‘n braaidag reël waar hulle geskenkies gaan ontvang.

Ons sal dit waardeer as julle kan help met die vlg items. Dit kan Vrydagaand by ons afgegee word, of vlg week met die afsluiting. Dit is soooo ‘n lekker om die mense se gesigte te sien as hulle die pakkies oopmaak.

Mans

tandeborsel

tandepasta groot buis

roll-on

deodorant

sakdoeke

sokkies

seep

Dames

seep

roll-on

poeier

handeroom

deodorant

tandeborsel

tandepaste groot buis

Helpende Hand kan ook die vlg items goed gebruik: Klere, skoene, komberse, kombuisware en meubels. Dit wat oorbodig in jou huis is, is vir party ander mense goud werd.

4) Prestasies:

Ons is baie trots op ons Voortrekker-kinders se prestasies.

  • Marli Matthee ontvang Eisteddfod trofee vir die beste deelnemer in haar kategorie: Gr1 Dogters gedigte
  • Zander Bezuidenhout is gekies om WP Skaakspan by die SA Juniorkampioenskappe te verteenwoordig
  • Verskeie van die Graad 6 leerlinge gaan die naweek Bastion se prefekte kamp bywoon. Baie sterkte aan hulle.

Laat weet gerus vir my of u kind se offisier van al hierdie prestasies.

5) Leedwese:

Kanonkop se eerste kommandoleier, Sam Olivier, is op Sondag 20 Oktober oorlede.

Neef Sam het in baie mense se lewens ‘n verskil gemaak , oud en jonk, wat sy pad gekruis het, hetsy op Voortrekkerkampe, by die kategese, as voorsanger in die kerk, as vriend of sommer net in die alledaagse gesels. Hy het sy lewe met onkreukelbare integriteit en nederigheid geleef en so vir elkeen van ons ’n lewende voorbeeld gewees van ware Christenskap. ‘n Rolmodel duisend.

Die begrafnis is op Vrydag 25 Oktober om 12:00 by NG Kerk Proteahoogte.

Groete

Hannalene