18 Okt 2012
Post date: 23-Jan-2013 20:35:06
Beste ouers
Jammer my briefie is so laat, maar die jaar hardloop onder my uit.
1) Vrydag 19 Oktober 2012
Spanbyeenkoms om 18:00 - 19:00 by NG Kerk Proteahoogte
Aan al die gr 5’s wat gaan kamp – Geniet dit!
2) Vrydag 26 Oktober 2012
Al die ouers word uitgenooi na ons jaarafsluiting en prysuitdeling om 19:00.
Onthou – alle Voortrekkers in formele Voortrekkerdrag.
3) Bestelling van Voortrekkerdrag
Reël asb dringend met Johmine Doubell om vir jou kind ‘n erkenningsbaadjie te maak as hy/sy nog nie een het nie. Die verpligte kentekens wat op die baadjie moet kom, moet by my bestel word en moet reeds teen vlg Vrydag op die baadjie vasgewerk wees.
Johmine Doubell: Leliestraat 11, Sel 0828199244
Die bestelling vir kentekens is reeds van Pretoria af op pad na ons toe, maar die posdiens gaan tans swaar gebuk onder die stakings. Indien dit nie teen more hier is nie, sal ek ‘n spesiale reëling met julle tref.
4) Voorslag uitslae: Graad 7’s:
Gedurende die Oktober vakansie het hulle die toetskamp vir Graad 7’s op Bettiesbaai bygewoon. Dis die hoogste toekenning wat ‘n laerskool leerder in die Voortrekkers kan verwerf. Die senuwees het omtrent geknaag. Baie geluk aan ons graad 7’s- hulle het baie hard gewerk vir hierdie toekenning.
Marijke Marais – Goud
Lisa Jansen van Rensburg – Goud
Janneke Swart – Goud
Janno Maree – Silwer
Jean Wakefield – Silwer
Marzelle Bosman – Silwer
Lindie Bernhardt – Silwer
Tanya van der Merwe – Brons
5) Gemeenskapdiens
Ons wil graag die jaar afsluit deur iets aan die gemeenskap terug te gee. Gaan doen ‘n bietjie “spring cleaning” en bring al daardie ou gordyne, huisraad en ou klere wat net agter in die kas le en stof vergader. Ons wil graag as kommando ‘n skenking aan Helpende Hand doen.
Huis Ravenzicht in Kraaifontein het ook ons hulp nodig. Sepies, tandeborsels, tandepasta en waslappe is baie welkom. Julle kan dit Vrydagaand saambring, of volgende week na ons afsluiting toe.
Groete
Hannalene
Die Voortrekkers Kanonkop