22 Feb 2012

Post date: 22-Feb-2012 15:29:29

Beste ouers

1) Spanbyeenkoms: Vrydag 24 Februarie

Tyd: 18:00-19:00

Aan die Verkenners wat gaan vlotvaart hou op die Bergrivier – Geniet dit!

2) Hempies:

Ons nuwe voorraad hempies is hier. Dit sal Vrydagaand beskikbaar wees.

Koste: R85 – R105 nav die grootte

Kontant met aflewering

3) Spesialisasies (Gebiedsaktiwiteite):

Daar is ‘n hele klompie opwindende aktiwiteite wat voorlê:

Sluitingsdatum 24 Februarie:

Gr 4 Plantkennis

Gr 6 Sterrekunde

Gr 7 Medemens

Sluitingsdatum 02 Maart:

Gr 5 Plaaslewe

Verkenner Jeugberaad (Gr 8-12)

Penkop/Drawwertjie Gebiedskamp ( Gr 3-7)

Laat weet my as julle dalk nie die inskrywingsvorms ontvang het nie.

LW: Nuwe lede mag die Gebiedsaktiwiteite bywoon sodra die lidmaatskapvorm voltooi is en ten minste R100 van die ledegeld betaal is.

Alle gelde kan elektronies na ons bankrekening oorbetaal word:

Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening: 1450940026

4) Weggooiprodukte:

Ons is alweer besig om aan toekomstige aktiwiteite te beplan.

Stuur Vrydae saam: leë grondboontjiebotter bottels - die plasiek een en ou CD`s/DVD wat gekrap is en die mense nie meer gebruik nie.

Groete

Hannalene Swart

Tel: (021) 916 6022

www.kanonkop.org