5 Mei 2010

Post date: 27-Jul-2010 15:10:14

Die Voortrekkers Kanonkop

05/05/2010

 Beste ouers

 

Ek vertrou die kinders het lekker gekamp. Baie dankie van my kant af vir almal wat met die vervoer gehelp het en vir almal wat gesorg het dat die kinders so mooi gelyk het in hulle onderbaadjies tydens die inlywing.

Ons is op soek na ‘n verlore selfoonlaaier. Kyk maar asb of hy nie per ongeluk ingepak is nie.

 

Wat is nou nog als aan die gang?

Vrydagaand het ons weer ‘n gewone spanbyeenkoms om 18:00 – 19:00 by die kerk.

 

1) Penkop/Drawwertjies ( gr 6 – gr 7)

 

2) Verkenners ( gr 8 - gr 12)

 

3) Kleredrag:

Onderbaadjies kan by Johmine Doubell bestel word: 981 3650

Voortrekker hempies is by my beskikbaar, en so ook die kentekens (R37), wat op die baadjies moet kom. Dit raak nou saans koud. Sorg maar asb dat die kinders “navy” warm drag dra.  

 

4) Ledegeld:

Die tyd is hier! Ledegeld moet nou ten volle betaal wees (R410.00 per kind). Die geld word nou aan die Gebiedskantoor oorbetaal. Vir betalings wat na Vrydagaand gedoen word, is ‘n ekstra R100.00 per kind van toepassing.    

Indien nodig, kan ‘n spesiale reëling met ons tesourier, Jorina Minnie, getref word.

 

5) Fondsinsameling vir graad 1 (Pikkewyne en Krokodille)

Kom geniet ‘n heerlike aand se luistergenot en skoffel.

Waar: Ossie Theron saal by Hoërskool Brackenfell

Wanneer: 11 Junie ,19:00 tot 24:00

Koste: R100.00 pp

Bring jou eie ete en drinke.

Vooraf optrede deur Amoré - die hoofvertoning deur Andries Vermeulen.

Kaartjies: kontak Christo (0832756226)  of Judy (072 220 8120)

 

6) Algemeen

Kontak gerus ons kommandoleier, Johan Minnie, indien daar enige aangeleentheid rakende die kommando is wat u graag wil bespreek of voorstel.