Kanonkop wenspanne by Bracken Lentedag

Post date: 13-Sep-2010 20:11:01

Die Kanonkoppers het deelgeneem aan die Bracken Natuureservaat se Lentedag-vieringe, en amper skoonskip gemaak in die natuur-tema "Amazing Race" wat deur die personeel van die reservaat en die Vriende van Bracken aangebied is. 'n Heerlike dag en GROOOOOT pryse! Baie dankie Bracken Natuurreservaat vir 'n lekker buitelug-dag in die natuur.

Slaan daai dromme! Lekker aktiwiteite was deel van die pret by die Bracken Natuurreservaat.

Tweede plek is ook nie te sleg nie!