8 Februarie 2012

Post date: 08-Feb-2012 19:32:24

Beste ouers

Baie dankie vir julle ondersteuning by die trampolien-spring tydens die Feesnaweek. Ons waardeer dit baie.

1)  Potjiekos- kompetisie: 10 Februarie

Ek hoor dat die spanne verwoed taktiek uitwerk oor hoe hulle hierdie jaar die trofeë gaan inpalm.

Op hierdie stadium sou elke offisier al met julle reëlings getref het oor sy/haar span se spesifieke planne.

Die algemene reëling is dat die kinders om 17:00 daar moet wees. Prysuitdeling om 20:45. Die ouers is welkom om te kom saam kuier.

Let Wel: Geen drank word op die perseel toegelaat nie.   

Rigtingaanwysings:

Ry met Suikerbossie in die rigting van Bellville. Draai links by die T-aansluiting in Bill Bezuidenhout in. Draai eerste straat regs in Jacarandastraat in, weer eerste straat regs. Draai links by die T-aansluiting in Disastraat in. Hou aan tot jy die Oom Vossie kommando bord aan jou linkerkant sien.

2) Hempies:

Ons nuwe voorrad hempies behoort teen 17 Februarie hier te wees.

Koste: R85 – R105 nav die grootte

3) Pannekoekverkoping:

Op 17 Februarie verkoop ons heerlike pannekoek @ R4.00 elk. Plaas jou bestelling @ 14 Februarie by Wessie:  johann@photoall.co.za. Meld of dit met of sonder kaneelsuiker moet wees.

4) Ledegelde:

R460.00 per kind.

Ledegelde kan elektronies oorbetaal word:

ABSA

Tjekrekening: 1450940026

 

Groete tot Vrydagaand!

 

Hannalene Swart

Tel: (021) 916 6022