26 Oktober 2011

Post date: 07-Feb-2012 20:31:33

Beste Ouers

Ons nooi julle hartlik uit na ons jaarafsluiting en prysuitdeling op Vrydag 28 Oktober 2011.

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd: 19:00

Die Verkenners moet asb om 18:00 aanmeld en gr 0-7 om 18:45

Drag:

Gr 1-7: Blou Voortrekkerhempie, jean en Voortrekker-onderbaadjie

Gr 8-11: Formele Voortrekkerdrag:

Seuns : Grys skoolbroek, wit hemp, blou Voortrekkerdas, onderbaadjie

Dogters: Blou langbroek, romp, wit hemp, blou tantinie, onderbaadjie.

Groete

Hannalene Swart