Grappies op 'n stokkie

Post date: 04-Mar-2014 21:01:55

Die jong klomp van Die Voortrekkers Kanonkop in Brackenfell het onlangs aan ‘n kosmaak kompetise deelgeneem by Die Voortrekkers Oom Vossie in Bellville.  Die jonger Penkoppe en Drawwertjies wat in die laerskool is begin met basiese geregte soos stokbrood en wors, terwyl die Verkenners wat hoërskool kinders is moet uithaal met goverderde potjiekos geregte en die keurige voorsit van hul skeppings, wat poeding ook moet insluit,  aan beoordelaars wat aan net die beste gewoond is  Die Brackenfeller stokbroodbakkers op die foto van regs na links is:  André Conradie; Jaiden Steyn; Martjin Wielick; Sam Burger; Marli Matthee; Amandalynn Coetzee; Vian Kruger; Evan Lategan (Gesiggie agter stok); Christopher Tomlinson; Kayla Nel; Sharik Steyn; Johan Conradie; Arno Fourie; Mekyla Andrews; Duncan Middlemost.  Alhoewel die gekleurde deeg ‘n paar wenkbroue laat lig het, was die meeste stokbrood darem heel eetbaar saam met ‘n lekker stukkie boerewors.  Die kompetisie help om selfvertroue te bou, gee die kokke ‘n bietjie kultuur blootstelling, en is sommer net vet pret.