Kanonkop trek weg met besige jaar

Post date: 04-Mar-2014 20:54:39

Toutrek is deel van Voortrek. Die Voortrekkers van Kanonkop in Brackenfell het weer ‘n jaar vol kampe en aktiwiteite wat voorlê. Die jaar is afgeskop met ‘n vrugtefees en boeresport, en die eerste kamp was die afgelope naweek op Gansbaai. Op die foto geniet Sam Burger, Jean De Villiers, Ewan Vercuiel en Anrika Britz hulself gate uit met die toutrek.