21 Oktober 2010
Post date: 19-Jan-2011 19:41:04
Beste ouers,
Die kwartaal is amper op sy rug.
Baie dankie aan almal wat die Kloek-en-Kraai kon bywoon. Dis was 'n heel gesellige aand. Baie geluk aan al die kinders wat pryse gewen het!
1) Spanbyeenkoms: 22 Oktober 2010
18:00-19:00 by NGK Proteahoogte in die bo-vertrek.
Penkop/drawwertjies: Bring asb elkeen vir ons 'n kers saam. (Julle gaan dit met die afsluiting vlg week gebruik).
Verkenners: Onthou asb dis die verkiesing van die kommando-jeuleier, so wees daar om jou stem uit te bring.
Het jy 'n soet tand? Heerlike pannekoeke gaan verkoop word teen R3.00 elk.
2) Dansmaraton by Kraaifontein: 29 Oktober 2010
Sien asb die aangehegte pamflet vir meer detail.
Sluitingsdatum vir inskrywings: 22 Oktober
Dis dieselfde datum as ons jaarafsluiting, maar hulle sal ons kinders wat na die tyd wil gaan akkommodeer.
3) Gemeenskapprojek:
Ons projek in samewerking met die SAPD loop nog aan tot 22 Oktober.
Julle is baie welkom om nog vir oulaas bydraes te lewer. Om 50 volledige pakkies vir hulle op te maak, benodig ons nog die volgende:
Waslappies
Tandeborsels
Tandepaste
Sjampoe
4) Jaarafsluiting: 29 Oktober 2010
19:00 by NG Kerk Proteahoogte (kinders kom reeds om 18:00 bymekaar)
Voortrekkerlede: Formele Voortrekkerdrag
Meer inligting sal volgende week gegee word.
Hannalene Swart