4 Maart 2015

Post date: 05-Mar-2015 05:44:31

Beste ouers

1) Geen Spanbyeenkoms op 06 Maart 2015

Die Verkenners (gr8-12) is op hulle jaarlikse vlotvaart en baie van ons is daar betrokke.

As daar van julle is wat Saterdag in die Velddrif omgewing is, kan julle gerus kom kyk hoe die vlotte in kom.

Die vlotte behoort so van 10:00 af by die die Carinus brug (by die Riviera Hotel), soos jy in Velddrif inkom, te begin arriveer.

Verlede jaar kon ons ‘n 2de en 3de plek los roei in die verskillende kategorië, so kom ons hou duim vas vir hierdie jaar.

2) Aktiwiteite:

Onthou: ‘n Inskrywing is slegs geldig indien 1) Jy geregistreer is, 2) ons die kampvorm sowel as 3) die betalingbewys ontvang het. Vir die kampe waar daar ‘n beperkings op getalle is, kan jy dalk jou plek verloor as ons nie beide dadelik ontvang nie.

Kampinskrywings reeds versprei:

Penkop /Drawwertjie Gebiedskamp (gr 3-7): Vorms word binnekort versprei (groot pret!)

Gr 7: Medemens

Verkenners (gr 8-12): Jeugberaad

Laat weet asb indien julle nie die vorms ontvang het nie sodat ons dit kan aanstuur.

Groete

Hannalene