9 September 2010

Post date: 13-Sep-2010 19:12:24

Beste Ouers

1) Vrydagaand: 10 September

Spanbyeenkoms om 18:00 tot 19:00

2) Lentedag by die Natuurtuin: 11 September

Die Bracken Natuur-reservaat en Vriende van Bracken hou op Saterdag 11 September vanaf 09:00 tot 12:00 ‘n lentedag met ‘n “Amazing Race” kinkel.

Ons sal Vrydagaand meer inligting deurgee.

3) Gemeenskapprojek:

Ondersteun asb Kanonkop se projek in samewerking met die SAP. Donasies van die volgende items sal waardeer word:

Tandeborsel

Tandepasta

Seep

Shampoo

Waslappie

Lekkers

Sappie

Dit kan Vrydagaand by my afgegee word.

Baie dankie aan almal wat reeds bydraes gebring het. Ons waardeer elke itempie wat ons ontvang.

4) Bokjol: 17 September

Vlg week is ons kwartaal-afsluiting en ons gaan sommer baie pret hê met ons jaarlikse Bokjol.

Meer inligting volg later.

Heerlike hamburgers gaan ook verkoop word.

5) Penkop/Drawwertjie spesialisasies:

Daar is net nie einde aan al die lekker kampe nie.

Die vlg vorms is deur die span-offisiere versprei:

Graad 4: Gestremdhede

Graad 5: Ekosorg

Graad 6: Gedenkwaardighede

Sluitingsdatum: 17 September

Groete

 

Hannalene Swart